Dink of Sink-skoledebatkompetisie

Kontak debat@afriforum.co.za om te bevestig wat die maksimum aantal spanne is wat in jou streek kan inskryf.

  • Die spanne van drie kan inskryf deur die Inskrywingsvorm vir juniors | Dink of Sink-inskrywingsvorm en Inskrywingsvorm vir seniors | Dink of Sink– inskrywingsvorm te voltooi
  • Elke streek se sluitingsdatum is een maand voor die kompetisie.
  • Die debatte sal op die gekose datum by die gasheerskool plaasvind en die galageleentheid in die skoolsaal.
  • Die programme word per streek uitgewerk en sal vooraf aan die skole gestuur word.

Die formaat van onvoorbereide debat

  1. Leerders neem in spanne van drie deel.
  2. Juniorspanne bestaan uit graad 8- en 9-leerlinge en seniorspanne uit graad 10-, 11- en 12-leerlinge.
  3. In die geval van die junior- en seniorafdeling dring die span wat die meeste debatte in sy groep gewen het deur na die halfeindronde. Indien dit gebeur dat twee spanne in ’n bepaalde groep gelykop eindig, dring die span wat in sy drie debatte die hoogste netto-totaal op die beoordelingstaat opgestapel het, deur. Wendebatte word bepaal deur die puntestaat.
  4. Die debattering geskied slegs in Afrikaans.
  5. Die onderwerpe word nie vooraf aan die deelnemers voorsien nie en dus is die debatte onvoorbereid. Die onderwerpe sal nie buitengewone algemene kennis van die leerders vereis nie en sal binne hul ervaringsveld val. 
  6. Die voorsitter verskaf die onderwerp aan die spanne. Spanne neem voor die onderwerp bekend gemaak word deel aan ’n loting wat bepaal watter span praat VIR die onderwerp en watter span praat TEEN die onderwerp. Daarna kry beide spanne vyf minute voorbereidingstyd. Elke spreker kry dan twee-en-’n-half minute praattyd – eers die eerste spreker van die inleidende span, dan die eerste spreker van die opponerende span, gevolg deur die tweede spreker van die inleidende span, ens. Dit is belangrik dat die bydraes van die drie spanlede ’n eenheid vorm. Hierna kry die spanne die geleentheid om mekaar sewe minute lank met vrae te takel, waarna die beoordelaars terugvoer van twee minute gee.
  7. Die Tydhouer sal deur middel van kleurkaarte ’n aanduiding gee wanneer die gegewe tyd verstreke is.
    • Vyf minute voorbereiding: 3 min. – GROEN, 4 min. – GEEL, 5 min. – ROOI
    • Twee-en-’n-half minute per spreker: 1 min. – GROEN, 2 min. – GEEL, 2:30 min. – ROOI
    • Sewe minute kruisverhoor: 5 min. – GROEN, 6 min. – GEEL, 7 min. – ROOI
  8. Die voorsitter sien toe dat daar by die voorgeskrewe tye gehou word. Die voorsitter gee ook leiding aan die debat as een van die spanne of beide vasbrand op ’n punt en nie kan voortgaan nie. Onsamehangende standpunte sal ook gestop word en daar sal voortbeweeg word na die volgende standpunt of vraag. Hierdie is slegs van toepassing op die 7 minute-kruisverhoor tussen die twee spanne.
  9. Die eindronde van die juniors en die halfeindronde en eindronde van die seniors vind tydens die aandfunksie in die saal plaas. Hierdie debatte word deur vyf eksterne beoordelaars beoordeel. Alle beoordelaars, insluitend dié wat by uitdunrondes of die aandfunksie beoordeel, sal voortaan beoordelaars wees uit die Dink of Sink-beoordelaarsnetwerk.
  10. Die gehoor kry ook ’n geleentheid tydens die twee einddebatte by die aandfunksie om vrae aan die deelnemers te stel. Juniordebatte word voortaan tydens die uitdunne ook twee tot drie vrae gevra ter voorbereiding vir die einddebat.  
  11. Leerlinge, personeel, ouers en afrigters moet te alle tye besef dat hierdie kompetisie fokus op vrye debatvoering. Dit leer ons deelnemers ’n kosbare vaardigheid en die kompetisie moet te alle tye in ’n positiewe gees hanteer word. Negatiewe intimidasietegnieke sal nie toegelaat word nie en die span of spreker wat hom/haar hieraan skuldig maak sal summier gestop word.
  12. Hierdie kompetisie is nie soortgelyk aan ander debatskompetisies nie en moet ook asseblief in dié lig gesien en gerespekteer word.

Kompetisiedatums

Hoërskole:

Oos-kaap provinsie (Hoërskool Framesby) – 17 Mei 2025
Wes-kaap  provinsie (Hoërskool DF Malan) ‒ 23 Mei 2025
Mpumalanga provinsie (Hoërskool Nelspruit) – 30 Julie 2025
Gauteng provinsie (Hoërskool Montana) – 14 en 15 April 2025
Vrystaat provinsie (C&N Sekondêre Meisieskool Oranje) – 21 Augustus 2025
Limpopo provinsie (Hoërskool Ben Vorster) – 5 September 2025
Nasionale finaal in Centurion, Pretoria ‒ 27 September 2025

Beoordeelstaat

Junior Inskrywingsvorm (Graad 8 en -9)

Seniors Inskrywingsvorm (Graad 10 tot -12)

Uitslae

Nasionale finaal:
Junior kategorie wenners 2017: Hoërskool DF Malan
Junior kategorie naaswenners 2017: Helpmekaar Kollege
Seniors kategorie wenners 2017: Hoërskool Nelspruit 
Senior kategorie naaswenners 2017: Hoërskool DF Malan

Junior kategorie wenners 2018: Hoër Meisieskool Bloemhof
Junior kategorie naaswenners 2018: C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Seniors kategorie wenners 2018: Paul Roos Gimnasium
Senior kategorie naaswenners 2018: Hoërskool Noord-Kaap

Junior kategorie wenners 2019: Afrikaans Hoër Meisieskool
Junior kategorie naaswenners 2019: Hoër Meisieskool Bloemhof
Seniors kategorie wenners 2019: Afrikaans Hoër Seunskool
Senior kategorie naaswenners 2019: Paul Roos Gimnasium

Junior kategorie wenners 2021: Afrikaans Hoër Meisieskool
Junior kategorie naaswenners 2021: Afrikaans Hoër Seunskool
Seniors kategorie wenners 2021: Helpmekaar Kollege
Senior kategorie naaswenners 2021: Helpmekaar Kollege

Junior kategorie wenners 2022: Helpmekaar Kollege
Junior kategorie naaswenners 2022: Hoër Meisieskool Bloemhof
Seniors kategorie wenners 2022: Afrikaans Hoër Meisieskool 
Senior kategorie naaswenners 2022: Hoërskool Durbanville

Junior kategorie wenners 2023: Hoërskool Durbanville
Junior kategorie naaswenners 2023: Afrikaans Hoër Meisieskool
Seniors kategorie wenners 2023: Afrikaans Hoër Seunskool
Senior kategorie naaswenners 2023: C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Juniorkategoriewenners 2024: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Juniorkategorienaaswenners 2024: Hoërskool Durbanville
Seniorkategoriewenners 2024: Helpmekaar Kollege
Seniorkategorienaaswenners 2024: Hoërskool Nelspruit