Aandag, onderwysers! Is daar ’n leerder of miskien drie in die skoolbanke voor jou wat moontlik tydens sy of haar klastoesprake goeie redenaarsvaardighede toon? Wil jy graag hierdie vaardighede bevorder op ’n maklike en prettige manier?

Die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is beslis die oplossing!

Hoe so? Wel … Dink of Sink is anders as enige ander debatskompetisie in Suid-Afrika, omdat dit ’n onvoorbereide debatskompetisie is.

Dié debatskompetisie fokus daarop om Afrikaans onder leerders te bevorder, goeie kommunikasievaardighede te kweek en om die jeug van vandag aan te moedig om ingelig oor aktuele sake te wees.

Klik hier vir meer inligting oor hoe jou skool aan die grootste grootpraterkompetisie in die land kan deelneem!

Daar is ook geleentheid om ná skool aan hierdie dinamiese kompetisie deel te neem. Klik hierbo vir besonderhede oor die Dink of sink-universiteitdebatskompetisie.

BORGE